Tennessee Williams

Tennessee Williams
Williams in 1965
Gebore
Thomas Lanier Williams III

(1911-03-26)26 Maart 1911
Columbus, Mississippi, Verenigde State
Sterf25 Februarie 1983 (op 71)
New York Stad, Verenigde State
NasionaliteitVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Handtekening

Thomas Lanier "Tennessee" Williams III (26 Maart 191125 Februarie 1983) was 'n Amerikaanse dramaturg. Saam met sy tydgenote Eugene O'Neill en Arthur Miller, word hy beskou as een van die drie voorste dramaturge van die 20ste eeuse Amerikaanse drama.[1]

Ná jare se relatiewe onbekendheid, behaal hy op 33-jarige ouderdom roem met The Glass Menagerie (1944) in New York Stad. Hierdie toneelstuk weerspieël sy eie ongelukkige familie agtergrond. Dit was die eerste van 'n reeks suksesse, insluitend A Streetcar Named Desire (1947), Cat on a Hot Tin Roof (1955), en Sweet Bird of Youth (1959). Met sy latere werk het hy 'n nuwe styl probeer waarvan gehore nie gehou het nie. Toenemende alkohol- en dwelmafhanklikheid het sy kreatiewe uitdrukking ingeperk. Sy drama getiteld A Streetcar named Desire word gereeld aangehaal as van die beste Amerikaanse toneelstukke van die 20ste eeu, langsaan Eugene O'Neill se Long Day's Journey into Night en Arthur Miller se Death of a Salesman.[1]

  1. 1,0 1,1 Bloom, Harold, red. (1987). Tennessee Williams. Chelsea House Publishing. p. 57. ISBN 978-0877546368.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search